Die Skiet Toneel

 Die Skiet Toneel en Gert en Joey se dood

Kom ons bespreek bietjie die skiet Toneel sowel as Gert en Joey se dood op sy eie en wat ons kan optel.
As die Polisie geweet het Gert en Joey was van Natal af oppad na Pretoria hoekom het hulle hom gaan inwag voor sy Huis.
Daar was mos genoeg tyd om `n Padblokkade op te stel om hulle te kon vang en onthou volgens hulle was Hy die verskriklike Monster, Pedofiel en Reeksmoordenaar.
Hou ook in gedagte dat hulle eers op die Polisie se Radar verskyn het die Dag van Joan Booysen se ontsnapping en Vier Dae later is hulle  dood.
Wil jy die gevaarlike Man nie juis op n stil plek betrek om geweld / moontlike skietery te vermy waar onskuldige mense kan seerkry en of selfs gedood kan word nie.
Niemand benader so gevaarlike Man alleen nie, maak nie saak wat nie.
Chandler was dan juis die OB van Natal so wat het Hy in Pretoria voor Gert se Huis gedoen en Twee of Drie Dae later summier van die Saak afgehaal.
Ons gaan deur so klompie Fotos werk. Nadoodse verslae sowel as Beëdigde Verklarings en beriggewing oor die Jare.
Hoekom jaag Gert nie weg vir die Verkeersbeampte met twee verskrikte meisies onder `n seil agter op sy Bakkie nie maar wel vir die Polisie SONDER meisies agter op die Bakkie.
Wat het so vinnig van daardie twee meisies geraak.

WAAR IS DIE BOETE WAT UITGEREIK WAS AANGESIEN DIE BOETE BY HULLE MOES WEES TYDENS HULLE DOOD