Beëdigde VERKLARINGS
Uiteensetting en vrae
Luitenant Rudi van Olst:
Speurder Luitenant Rudi Van Olst A13 16 Maart 1990 en voorval / toneel / Moord het op 15 Januarie 1990 gebeur. Die verklaring is dus eers TWEE maande later gedoen.
Hierdie is regtig ‘n patetiese niksseggende verklaring ivm die toneel wat ek en ek glo ook die aanklaers in ons lewe gesien het van polisiemanne.
Hier word egter baie belangrike punte uitgewys waaraan die skrywers glad nie gedink het nie.
Daar is regtig hordes vrae oor hierdie verklarings en kom ons kyk bietjie wat hier aangaan.
Rudi van Olst word die aand van 14 Januarie 1990 deur Brigadier Serfontein ingelig dat Gert en Joey die verdagtes is in Pretoria Sentraal Mas No.544/1/90 dus Joan Booysen se saak EN HAAR SAAK ALLEEN.
Maandag oggend 15 Januarie 1990 om ongeveer 00:15 merk hulle die verdagte voertuig op voor Gert se woning te 227 Malherbe straat en n hoë spoed jaagtog volg.
Don Chandler skiet toe twee skote op bande en sodoende kom die voertuig wonderbaarlik tot stilstand.
Bla bla bla en nou volg die baie belangrike verklaring.
Luitenant Rudi Van Olst se sonder dat hy ‘n mediese beampte is en om net om te kyk in die voertuig dat beide alreeds dood is.
Staan gou vas hier....
Die nadoodse ondersoek se duidelik dat Joey nog na die skietery geleef het.
Almal word gekontak behalwe die ambulans wat baie vreemd is aangesien mediese hulp die eerste prioriteit is, maak nie saak wat jy sien of dink nie.
Volgens Van Olst se verklaring en die nadoodse verslag het beide hierdie BEAMPTES dus hul PLIG versuim om MEDIESE hulp te ontbied en dan het Joey Haarhof gesterf in hul teenwoordigheid agv roekelose en nalatige besluit en nou word die volgende vraag gevra...
Is dit nie Strafbare Manslag nie en of is hul verkeerde en nalatige besluit ooit ondersoek.?
Nou baie BELANGRIK en lees asb die volgende paragraaf mooi.
Dieselfde dag word Gert van Rooyen se huis deursoek en hier sê Luitenant van Olst BAIE DUIDELIK dat Gert en Joey op daardie stadium `n vermoede laat ontstaan het dat hulle MOONTLIK betrokke kon wees by ses verdere sake van kinder diefstal.
Dus was hul NAME NOOIT voor daardie oomblik opgekom op die Radar van die Polisie nie en is dus dood agv. die Joan Booysen Booysen saak.
`n Brief onder n mat in die motorhuis waaroor baie vrae en GEEN antwoorde is nie is dus dan ook die sleutel na al die vermiste kinders en Gert van Rooyen.
Nou nog ‘n baie interessante deel van die verklaring is dat daar melding gemaak word van bewysstukke wat gevind is maar nêrens word genoem wat gevind is nie. Daar word melding gemaak van SAP 13 maar GEEN nommer nie. Baie vreemd inderdaad van offisiere met jare se ondervinding.
Hier het ons dus ook nou `n moord wat gepleeg word in die teenwoordigheid van ‘n Polisie offisier en sy beëdigde verklaring word eers TWEE Maande na die voorval afgeneem.?
Speurder AO. Don Chandler :
Don Chandler is die A1 en skryf eers op 25 Januarie 1990
Sy verklaring is eers 10 Dae na die skietvoorval / Moord gedoen. Onmiddelik sonder twyfel word die vraag gevra.? Hoe kon die dossier, MOORD ingesluit eers op 15 Januarie 1990 geregistreer is SONDER ENIGE Beëdigde Verklaring en of wat het in daardie 10 Dae gebeur aangesien AO Chandler ook n Moord en roof speurder is met jare se ondervinding toe alreeds terug is in Natal en ook van die ondersoek afgehaal was.
Hier is die eerste vraag en volgens Chandler vra Van Olst sy hulp uit Natal ivm Gert en Joey wat ondervra moet word en hy noem ook baie vreemd VYF Masnommers soos Van Olst maar dit is ONMOONTLIK aangesien Brigadier Serfontein vir Luitenand Van Olst net oor Joan Booysen ingelig het. Van Olst het in sy beëdigde verklaring genoem dat Gert en Joey eers tydens die deur soeking van die huis vermoede, laat ontstaan het dat hulle MOONTLIK betrokke kon wees by ses verdere sake van Kinderdiefstal. DUS het Serfontein en Van Ost NIE GEWEET OF VERMOED van hulle betrokkenheid by enige ander sake nie.
Daar is nie regtig iets verder in AO Chandler se verklaring van belang nie BEHALWE dat Hy verduidelik hoe Hy agter sy voertuig skuiling inneem en gesien hoe Gert ‘n rewolwer agter sy kop rondswaai, nog n skoot gaan af en hy leun vooroor en toe eers benader hulle VERSIGTIG die voertuig.
Hierdie is NATUURLIK van ALLE WAARHEID ONTBLOOT aangesien Don Chandler self op nasionale TV se hoe hy Gert in die oe gekyk het, die bakkie se deur probeer oopkry want dit was gesluit en toe skiet Gert homself.
“ We did not call an ambulance as it was obvious that both the suspects had died already “
Jammer AO Chandler, dit is nou n moord gepleeg in jou teenwoordigheid en dit is jou optrede en besluit terwyl die doodsertifikaat se dat Joey na die skoot nog geleef het.
Waar is die hand/ kruid toetse om te bewys wie die skieter was AO Chandler, ons sit nou hier met n moord en twee vuurwapens in die voertuig.
Die laaste vraag
AO Chandler wat het jy voor Gert van Rooyen se huis gedoen - aangesien jy n saak in Natal ONDERSOEK HET en ABSOLUUT niks met Joan Booysen se DODOSSIER te doene gehad het nie.
Wat het jy als geweet en het in daardie 10 Dae gebeur voor jou Verklaring gedoen is?.Blykbaar het van Olst en Brigadier Serfontein nie van dit geweet het nie? en hoekom is jy summier van die Natal Saak afgehaal.?
Net Tyd sal leer nè.
Luitenant Rudi van Olst
Don Chandler







